Farm dam for fishing and swimming
Dam for bird watching
Afrikaans English Italian Turkish French German Portuguese
Visitors need help
Bushman rock paintings
Bacon and Baconette
Ox wagon
Fossils
Dorper sheep grazing
Klaarstroom beteken “helder stroom” en is in 1874 gestig, min of meer toe hierdie plaas tot sy huidige grootte verklein is. Boere het hul wol van die Karoo na die klein hawe in Mosselbaai vervoer.

Water is maar skaars in die Karoo en die boere het hul wol by Klaarstroom gewas. Die fasiliteite om wol te was, wat die Kanadees, P.J. Allport, geskep het, het lank gelede reeds verdwyn.

Meiringspoort was die eerste pad wat die Sentrale Karoo met die Kus verbind het. Dit is gebou van 1856 tot 1858. Verspoeling van hierdie pad was normaal. In 1998 is die hele pad erg verspoel en ‘n nuwe pad is gebou teen ‘n koste van ongeveer R70m. Al die driwwe oor die rivier het baie besondere name soos Ontploffingsdrif, Spookdrif, Pereboomdrif, en vele meer.

‘n Besoek aan Meiringspoort is ‘n moet vir al die besoekers aan hierdie area.
El Yolo One is naby die volgende interessante plekke:

  • Meiringspoort 30km. Die poort is soos ‘n stukkie hemel en alle besoekers moet dit sien.


  • Klaarstroom 23km. Hierdie klein dorpie vorm deel van ons erfenis. Die poskantoor, slaghuis, winkel, drankwinkel en plaaslike werkswinkel word deur een persoon besit.


  • Kangogrotte 100km. Hierdie wêrelderfenisgebied en grotte is absoluut uniek.


  • Swartbergpas 60km via Prins Albert of 100km via Oudtshoorn. Hierdie is ‘n ongeteerde pas van historiese betekenis. Dit is besonder indrukwekkend as daar sneeu op die berge is.


  • Die Hel. Dit is ‘n baie klein nedersetting met ‘n besondere geskiedenis. Die pad na die Hel begin in die Swartbergpas.


  • Willowmore 66km. Hierdie klein Karoodorp neem u terug na vervloë dae.